Daar is elke jaar 'n prys vir die mooiste stalletjie by die skou. Maak jou stalletjie mooi en uniek. Maak seker dit is onmisbaar.

Uitstallers geniet blootstelling aan ‘n wye spektrum besoekers (kliënte) wat wissel van landbou-georiënteerde klandisie tot die gesofistikeerde huisvrou.
Verskeie fabrikate landboutoerusting, trekkers en masjienerie asook voertuie en motorfietse is reeds deel van ons wenspan.

SENEKAL SE 110de SKOU 

Hierdie bied vir u die geleentheid om u kliëntebasis uit te bou en te versterk in ‘n baie sterk landbou omgewing.
Oop en onderdak stalletjies is beskikbaar asook groter vertoon areas vir implemente, voertuie ens.
Die pryse is as volg:
Buite stalletjie (sonder krag) ongeveer 3m x 3m – R 700* (btw uitgesluit)
Binne stalletjie (sonder krag) ongeveer 3m x 3m – R 1000* (btw uitgesluit)
Groot buite stalletjie vir voertuie, implemente van ongeveer 30m x 30m – R 2500* (btw uitgesluit)

Aansoek vorms kan hier afgelaai word.

Akkommodasie in en om Senekal

Volg Ons...