Ons nooi u, ons perdevriende uit om ‘n lekker ontspanne plattelandse skou te geniet waar perde in hul eie been teen mekaar meeding en wanneer die ruiter of koetsier beoordeel word alle rasse teen mekaar meeding.


Senekal Skou is al om bekend vir perde skou, hierdie het ingesluit die Friesperd, saalperd  Kampioen. Hierdie jaar sal die eerste 2 8-perde inspan plaasvind.

Dit is weereens vir ons Senekallers 'n voorreg om u, ons perdevriende, te nooi om saam met ons te kom skou.

Soos gewoonlik probeer ons soveel moontlik rasse te akkomodeer ten einde 'n lekker ontspanne plattelandse skou aan te bied waar perde in hul eie been teen mekaar meeding en wanneer die ruiter of koetsier beoordeel word alle rasse teen mekaar meeding.

Volgens tradisie het ons ook heelwat beginner klasse vir beide ruiter en perd. Hierdie is 'n ontspanne familieskou waar beginners op 'n lekker gemaklike manier blootstelling aan die skouarena kry.
Ons het in 2015 begin met 'n tradisie naamlik die van die Opperste Kampioen enkeltuig en Opperste Kampioen 3 Gang perde met die volgende kenmerke:

  • Die perd hoef aan geen ander klas deel te neem om te kwalifiseer nie.
  • Die perd kan slegs vir die item ingeskryf word.
  • Die inskrywings geld is R100 per deelnemer.
  • Daar word volgens "Winner takes it all " beginsel deelgeneem, met ander woorde slegs een prys word toegeken.
  • Bethlehem Mortimer Toyota borg die Groot Kampioen Enkeltuig. Ons dank aan Toyota en mnr. Jannie Woest vir hul borgskap – dit word opreg waardeer. 
  • Ons is oortuig dat hierdie hoogs aanskoulike klasse met baie deelnemers (Hackney Ponies, Friese, Saalperde, Boerperde en ook van die ander rasse) sal wees. 

Victor Lodorum

Soos in die verlede sal daar weer meegeding word om ‘n Wissel Trofee vir die perd wat die meeste punte tydens die skou verdien. Dankie aan Enslins vir die borgskap.

Dit is met trots dat ons kan sê Senekal is een van weinige plattelandse skoue wat nog aangebied word. Vanjaar ononderbroke vir 109 jaar.
Baie dankie aan elkeen wat agter die skerms werk en elke vertoner
wat ons ondersteun.

2020 Verwelkomings brief vir vertoners

Binnekort Beskikbaar

2020 INSKRYWINGSVORM

Kontak persone:
Inskrywings: Mnr Piet Coertzer 073 852 7420

2020 Skou program

Binnekort Beskikbaar

Volg Ons...