Perde Afdeling

Senekal Skou is al om bekend vir perde skou, hierdie het ingesluit die Friesperd, saalperd Kampioen. Hierdie jaar sal die eerste 2 8-perde inspan plaasvind.

Dit is weereens vir ons Senekallers 'n voorreg om u, ons perdevriende, te nooi om saam met ons te kom skou.

Soos gewoonlik probeer ons soveel moontlik rasse te akkomodeer ten einde ‘n lekker ontspanne plattelandse skou aan te bied waar perde in hul eie been teen mekaar meeding en wanneer die ruiter of koetsier beoordeel word alle rasse teen mekaar meeding.

 

Volgens tradisie het ons ook heelwat beginner klasse vir beide ruiter en perd. Hierdie is ‘n ontspanne familieskou waar beginners op ‘n lekker gemaklike manier blootstelling aan die skouarena kry.
 
Ons het in 2015 begin met ‘n tradisie naamlik die van die Opperste Kampioen enkeltuig en Opperste Kampioen 3 Gang perde met die volgende kenmerke:
  • Die perd hoef aan geen ander klas deel te neem om te kwalifiseer nie.
  • Die perd kan slegs vir die item ingeskryf word.
  • Daar word volgens “Winner takes it all ” beginsel deelgeneem, met ander woorde slegs een prys word toegeken.
  • Ons is oortuig dat hierdie hoogs aanskoulike klasse met baie deelnemers (Hackney Ponies, Friese, Saalperde, Boerperde en ook van die ander rasse) sal wees

Victor Lodorum

Soos in die verlede sal daar weer meegeding word om ‘n Wissel Trofee vir die perd wat die meeste punte tydens die skou verdien.
Dit is met trots dat ons kan sê Senekal is een van weinige plattelandse skoue wat nog aangebied word. Vanjaar ononderbroke vir 109 jaar.
Baie dankie aan elkeen wat agter die skerms werk en elke vertoner
wat ons ondersteun.

2024 INSKRYWINGSVORM

Kontak persone:
Inskrywings: Emsie 083 425 9757 | Henry Krog 072 228 3641
Beoordelaar: Mnr. Pierre Jacobs is ons beoordelaar. Ons dank aan hom.
Aankondiger: Mnr Danie van Schalkwyk. Ook aan hom baie dankie.